tuisblad :: homepage

uiteenlopend

So is ek en jy…

verskil ons soos dag en nag
soos lag en huil;
soos ‘n agterafse gekonkel
waaragter waarhede
skuil…
soos al vier seisoene toege-
spin in winter;
soos ‘n balk in ‘n oog en ‘n
onsigbare splinter…
soos woorde wat opdroog
in ‘n keel wat verstik;
soos ‘n stem wat stil word
in ‘n fratsongeluk…

…so is ek en jy.

Gepubliseer In “achilleshiel” – ISBN 978-0-620-60055-2
Outeursreg: Willemien H S Lewis – Alle regte voorbehou